Braaibroodjies Vir Boemelaars-文本歌词

Braaibroodjies Vir Boemelaars-文本歌词

Klaas Zaberman en die Nie-reisende Reserwes
发行日期:

Sannie verkies hare met vars tamatie

Jannie like syne met uie en blaartjies

Tonie eet hom slegs met gerasperde kaas oja

Pietie eet syne die volgende môre

Mari'tjie geniet haarne, net met botter

Daar is baie maniere om 'n braaibroodjie te maak!

As die kole reg is op die vuur

En jy jou jouself bederf met yskoue bier

Sit hulle op aan die regterkant

Terwyl jou tjoppies lekker tan aan die linkerkant

Braai dan extra vir die boemelaars vanaand

Willie like syne met 'n bietjie chutney

Lindie kannie jokkie, sy like dit gladnie

Maki rerig sakie solank jy dit net braai

Danie voeg by syne, 'n boereworsie

Inge eet haar broodjie, sonder die korsie

Daar is baie maniere om 'n braaibroodjie te maak!

As die kole reg is op die vuur

En jy jou jouself bederf met yskoue bier

Sit hulle op aan die regterkant

Terwyl jou tjoppies lekker tan aan die linkerkant

Braai daai broodjies tot die kasie smelt ja

Braai extra vir die boemelaars ja

Braaibroodjies vir Boemelaars vanaand!